Gisteraand was 'n goeie aand vir die script. Ek, René en Werner (callsign Smirre) het met oom Google gaan praat. Die doel was om ten minste 'n idee te hê oor hoekom die Liebig huis nou eintlik haunted is. 'n Interessante paar websites later (en 'n paar Tafels) en 'n lang post op WOMF het ons net laat besef dat niemand regtig weet nie en dat daar 'n klomp uiteenlopende geskiedenisse is vir die huis. Daarby gesê was die mees populêre weergawe die van 'n prostituut wat haar ontydige einde in die huis gehad het. Dus, vandaar die idee:
Die huis en die prostituut is verskillende kante van dieselfde karakter. Sekere oomblike is dit die huis wat die karakters antagoneer, sekere oomblikke is dit die 'dame' self wat verskyn.
Dit los vir my 'n paar probleme met die storie op. Ek was tot gisteraand toe onseker of die goëlery werklik of imagined moes wees. Ook was ek onseker hoe om die antagonis aanmekaar te sit.
Nou is daar 'n beter direksie, die plot kry lyf, so te sê.
Idees na jakkalskruger@gmail.com
Friday, May 21, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment