Ons het vanoggend ons eerste recce by die spookhuis gaan gooi. Daarby het ons sommer die tyd gebruik om die kamera te toets, en ook 'n soundcheck te doen. Die huis is awesome. Twee verdiepings, 'n moerse basement en baie 'nooks and crannies'.
Ek is nou besig om die footage te render. Ek't met 'n skok agter gekom dat daar 'n helse verskil is in die render tyd van HD vs normale DV. My arme PC hardloop nou al 3 ure, en dit net vir sowat 20 minute se video. Ek is seker dat die kwaliteit sal opmaak vir die pyn in die gat render tyd. 'n ander klein irritasie is dat my PC nie realtime editing sal kan doen nie, so as jy 'n spaar Apple Mac Pro het, pos hom maar vir my. Intussen sal ek op die laptop moet edit, dis al in die huis wat die poeiers het.
Terug na die huis, hier 'n foto of twee om 'n idee te gee waarvan ek praat.
Terug na die script.
jakkalskruger@gmail.com
Tuesday, May 25, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment