Na wat gevoel het soos tien ure het die video uiteindelik klaar ge-render. Oor die algemeen was die klank en beeld baie goed. Die High Def is myle beter as standaard, en die mike se kwaliteit is goed. Daar is 'n paar niggles met wind geraas, maar niks wat nie deur een van daai wol kondome oor die mike uitgesort kan word nie. Ek is posetief oor die kwaliteit van die equipment en ek is nogsteeds stoked oor die huis. As ek momentum kan behou met die script sal alles op dreef bly.
Hier is die script soos hy nou staan. Die eerste act is klaar. Op die stadium vorder act 2 fluks, maar kort 'n einde. 3 en 4 behoort meer pas te he, minder dialoog en meer aksie.
Download Script
Richard, I forgot to thank you for the email. Die res van julle, stuur maar idess aan, of sê dis kak, of so iets.
jakkalskruger@gmail.com
Thursday, May 27, 2010
Tuesday, May 25, 2010
Die eerste recce
Ons het vanoggend ons eerste recce by die spookhuis gaan gooi. Daarby het ons sommer die tyd gebruik om die kamera te toets, en ook 'n soundcheck te doen. Die huis is awesome. Twee verdiepings, 'n moerse basement en baie 'nooks and crannies'.
Ek is nou besig om die footage te render. Ek't met 'n skok agter gekom dat daar 'n helse verskil is in die render tyd van HD vs normale DV. My arme PC hardloop nou al 3 ure, en dit net vir sowat 20 minute se video. Ek is seker dat die kwaliteit sal opmaak vir die pyn in die gat render tyd. 'n ander klein irritasie is dat my PC nie realtime editing sal kan doen nie, so as jy 'n spaar Apple Mac Pro het, pos hom maar vir my. Intussen sal ek op die laptop moet edit, dis al in die huis wat die poeiers het.
Terug na die huis, hier 'n foto of twee om 'n idee te gee waarvan ek praat.
Terug na die script.

Friday, May 21, 2010
Uitbreidings op die storie lyn
Gisteraand was 'n goeie aand vir die script. Ek, René en Werner (callsign Smirre) het met oom Google gaan praat. Die doel was om ten minste 'n idee te hê oor hoekom die Liebig huis nou eintlik haunted is. 'n Interessante paar websites later (en 'n paar Tafels) en 'n lang post op WOMF het ons net laat besef dat niemand regtig weet nie en dat daar 'n klomp uiteenlopende geskiedenisse is vir die huis. Daarby gesê was die mees populêre weergawe die van 'n prostituut wat haar ontydige einde in die huis gehad het. Dus, vandaar die idee:
Die huis en die prostituut is verskillende kante van dieselfde karakter. Sekere oomblike is dit die huis wat die karakters antagoneer, sekere oomblikke is dit die 'dame' self wat verskyn.
Dit los vir my 'n paar probleme met die storie op. Ek was tot gisteraand toe onseker of die goëlery werklik of imagined moes wees. Ook was ek onseker hoe om die antagonis aanmekaar te sit.
Nou is daar 'n beter direksie, die plot kry lyf, so te sê.
Idees na jakkalskruger@gmail.com

Thursday, May 20, 2010
Eerste Scene
Ek het tentatief besluit om met die vliegtuig idee voort te gaan. Die deel is geskryf tot by die titles. Die script is hier beskikbaar vir download: Spookhuis Script
Weereens, enige voorstelle of aanbiedinge van hulp - mail my: jakkalskruger@gmail.com.
Weereens, enige voorstelle of aanbiedinge van hulp - mail my: jakkalskruger@gmail.com.
Monday, May 17, 2010
Intro
Ok, elke ding het 'n begin. So ook moet die movie he... Een van twee idees:
#1 - 'n paar pelle ry op 'n onbekende grondpad en in die omgeweing van die spookhuis gaan die GPS haywire en gee verkeerde inligting wat hulle na die huis neem (die ou tire bars naby 'n serious huis idee, opgevars)
of
#2 - Paar pelle vlieg oor 'n deel van Namibia en sien die huis uit die lug uit... Hulle besluit om die plek op te soek, en dan spat die stree--oo-en-tee.
Dissie begin.
Wednesday, May 12, 2010
Afrikaanse Horror
In kort - die idee:
Om 'n Afrikaanse Horror fliek te maak. Die basiese konsep is 'n vier of vyf vriende wat noodgedwonge moet deurnag by die Liebig huis buite Windhoek (http://www.namibweb.com/house.htm). Dis wel bekend as 'n spookhuis, so dalk sal dit nog 'n paar regte spoke oplewer...
Die fliek sal tot 'n groot mate 'open source' wees (as 'n mens 'n open source bier kan kry, hoekom nie 'n movie nie? (http://www.freebeer.org/blog/). Dus, as jy storie idees het, stuur dit gerus aan. Ek sal sodra die eerste weergawe van die script reg is dit beskikbaar maak vir download.
Ook, omdat ek nie geld het nie, sal dit moet steun op vriende en volunteers om die pot aan die kook te kry en te hou. Daarby, as jy by 'n maatskappy werk wat graag sy produkte in so 'n no-budget movie wil wys, laat weet my.
Laastens, as jy 'n aspirant film maker / kamera man / akteur in Windhoek is en jy wil deel neem, laat weet my ook.
vonkpos: jakkalskruger@gmail.com

Subscribe to:
Comments (Atom)